If you can't read this email, please view it online

Swartland Covid Cronicles - #weareopen

Welcome back everyone! Level 2 of the lockdown regulations has seen the temporary suspension on alcohol sales been lifted once again as well as inter-provincial travel being allowed. The Swartland is open and ready to welcome you back to our wine farms, tasting rooms and venue facilities. The air is crisp and the landscapes are absolutely stunning this time of year. Why not make the Swartland your next weekend destination? It is time for a break after all. #SAVE SA WINE

Dit is lente en die golwende landskap van die Swartland is geklee in die groen en geel van graan en canola, so kenmerkend van hierdie tyd van die jaar. Die lug het nog ‘n koue byt in hom, maar die sonskyndae is asemrowend mooi en windstil. Kom verken ons pragtige streek, volg ‘n wandelpad teen die berghange, of ontdek die mooi van onbekende grondpaaie met jou berfgfiets. Onthou om jou kamera saam te bring om die pragtige landskaptonele vas te vang!

New website launched

We are extremely excited to introduce our brand-new website to all our Swartland fans and friends. Come and explore our beautiful part of the world, meet our local producer’s, and sample our award-winning olives and fine wines. With just a click away, our new website also now allows visitors to buy their favourite Swartland Wine and Olive products via our producer’s online shops (where applicable). Click here to view our new Swartland Wine and Olive Route website.

2020 SA Olive Awards - the results are out!

Congratulations to our olive producers on their achievement at the 2020 SA Olive Awards, announced last week. Thank you for once again flying the Swartland flag.

The Olive Boutique won 2 gold awards for their Olive Boutique Frantoio and the Olive Boutique Frantoio Coratina. (Both oils in the medium intensity style) They also won 2 silver awards for the Olive Boutique Lecinno Frantoio (delicate style) and the Olive Boutique Coratina (medium style) respectively.

Het Vlock Casteel won a silver award for the Het Vlock Casteel Blend of Frantoio, Leccino & Coratina in the medium intensity style category
and

Kloovenburg Wine & Olive Estate were awarded silver for the Kloovenburg EV Estate Olive Oil (medium intensity style).

ABSA Top 10 Pinotage finalists for 2020 announced

The 2020 ABSA TOP 10 Pinotage Competition is in its final leg and Pulpit Rock’s Brink Family Vineyards Pinotage 2018 is one of the finalists in this year’s competition. Congratulations to Pulpit Rock Winery on this nomination and we are all holding thumbs for you in the finals.

Read More

Counting our blessings on Fynbos Estate

Along with the rest of the world, our lives changed unexpectedly and abruptly when hard lockdown was announced. In a state of disbelief and shock we had to handle cancellations of weddings and events, make arrangements with guests who were booked at our farm cottages, and find ways to negotiate the regulations around wine sales and transportation. From one day to the next, the farm fell eerily quiet. No guests, no visiting conservationists or wine tourists, no casual workers or even friends or family were allowed to visit. Days suddenly seemed empty and filled with uncertainty.

Slowly but surely the land itself called us back to live in the present.

Read more

Piketberg: Your must do list


Ask around for the sights of Piketberg and the ensuing pause in conversation will be palpable. You can excuse locals for being “sights-blind”. I live near the sea and don’t get to the beach nearly as often as a visitor might.

But the thing about this little Swartland town on the shoulder of its eponymous mountain is that the slower pace too many country towns claim, really exists here. It’s like the last of the bells and whistles dropped off the wagon travelling out of Cape Town. And there’s plenty to like about that.

Piketberg lies off the N7 and is a 90 minute drive north of Cape Town. The region’s main farming activities are wheat and sheep, although not exclusively so. Using the town or a local farm as a base, there are a number of interesting and nearby places to visit, including Piketberg Bo-berg or “upper mountain”. Wine-lovers are certainly not left out of the loop either, with a handful of fascinating producers open to the public

Read More

Signature Red Blend Report

This year’s Signature Red Blend Report convened by Winemag.co.za and sponsored by multinational financial services company Prescient is now out. There were 45 entries from 39 producers and 27 rated 90-plus on the 100-point quality scale.

Org de Rac Die Waghuis Red 2018 and Org de Rac Shiraz Cabernet Sauvignon Merlot 2019, both from the organic wine farm Org de Rac, near Piketberg, made the Top 10 best overall wine list in this category.

To read more, go to Winemag.co.za.

Klimaat en Landboutoestande No 44 – September 2020
Met trots geborg deur Santam landbou :
Johan van den Berg Onafhanklike Landbouweerkundige (M.Sc Agric, Landbouweerkunde, UFS) 

Belangrike inligting
• Die winter van 2020 het een van die mees intense periodes van lae minimum temperature in ten minste die laaste 2 dekades ervaar. 
• Die ontwikkeling van ‘n El Nino-verskynsel en gunstige Indiese Oseaan oppervlaktemperature kan verantwoordelik wees vir gemiddelde tot bogemiddelde reënval in the mid- tot laat somer oor groot dele van die land en noordelike buurlande. 

1. Huidige toestande

Baie lae temperature het aanhou voorkom vanaf die laaste week van Mei 2020. Die winter van 2020 is een van die winters met die laagste minimum temperature in die laaste ten minste twee dekades. As ‘n voorbeeld het Bothaville in die Vrystaat in totaal ongeveer 75 dae gehad met minimum temperature benede vriespunt. Dit is nege dae meer as die vorige “rekord” van 66 dae wat in 2012 voorgekom het. Die gemiddelde aantal dae met ryp of waar dit benede vriespunt gedaal het vir die hele seisoen is 49 dae oor die laaste 20 jaar met die minste aantal dae van 31 in 2001 en 2002 elk.

Reënvaltoestande vir byna die hele Winterreënvalgebied was beter as wat voorspellings aangedui het. Dit is baie betekenisvol dat bogemiddelde reënvalhoeveelhede ook in die droogtegeteisterde gebiede van die westelike dele van die Noord- en aangrensende Weskaap voorgekom het op plekke soos Springbok, Garies, Kamieskroon, Nieuwoudtville en verder suid by Clanwilliam en ook meer na die binneland. Dit was die meeste reën wat gemeet is sedert ongeveer 2012 in hierdie gebiede.

Daar is egter nog gedeeltes waar die droogte baie intens is soos noord van Upington asook suidelike dele van die Noordkaap en aangrensende dele van die Weskaap (met die uitsondering van die Weskus en aangrensende dele) en dan in gedeeltes van die Ooskaap en Limpopo.

Landboutoestande het sedert die begin van 2020 heelwat verbeter vir bykans die hele land met die uitsondering van enkele gebiede. Die somergraanoes is byna klaar geoes met gemiddelde tot bogemiddelde opbrengste in die meeste gebiede. Kleiner areas het droogte of versuipskade ervaar en daar was ook kolle waar kwaliteit baie swak was maar dit was oor die algemeen ‘n baie goeie jaar in veral die sentrale tot westelike dele.

Die algemene toestand van oppervlakwater is gunstig vir hierdie tyd van die jaar met die uitsondering van ‘n paar kritieke gebiedeen damme soos die Vaaldam met ongeveer 38% water en ‘n waterverlies van byna 1% water per week, die Letaba besproeiingsgebied waar die Tzaneendam ongeveer 13% vol is en in die Ooskaap waar die Kougadam slegs 7.5% water in het. Die stand van damme in die Weskaap is baie gunstig met die meeste van die groter opgaardamme meer as 80% vol.

Watervlakke in die Karibadam in Zambië is op ongeveer 36%, die Katzedam in Lesotho op 27.7% en die Hardapdam in Namibië op 38% wat die effek van die droogte wys sedert 2012. Die gemiddelde damvlakke in Namibië is ongeveer 49% teenoor die 25% van verlede jaar dieselfde tyd.

2. ENSO en Indiese Oseaan

2.1 ENSO (El Nino Suidelike Ossilasie)

Al vier die Nino-gebiede is nou konstant koeler as gemiddeld sedert ongeveer die middel van Mei 2020. Nino1+2 = minus 0.6°C (naaste aan Suid-Amerika), Nino3 = minus 0.7°C, Nino3.4 = minus 0.7°C en Nino4 = minus 0.1°C (naaste aan Australië). Hierdie is in lyn met die La Nina-ontwikkeling wat verwag word vir die komende somerseisoen.

Voorspellings: Die waarskynlikheid vir ‘n volskaalse La Nina-verskynsel het verhoog na meer as 60% met ‘n kleiner as 40% kans vir Neutrale toestande en minder as 5% vir die ontwikkeling van El Nino-toestande.

Die Suidelike Ossilasie Indeks (SOI) wat die maatstaf is van die koppeling tussen see-oppervlaktemperature in die Nino-gebiede en die oorliggende weersisteme is nou in die sogenaamde konstante positiewe fase volgens die SOI-fase-sisteem. Dit is baie belangrik vir hierdie tyd van die jaar omdat dit ‘n sterk aanduiding is dat La Nina-toestande die weerstelsels begin beïnvloed.

2.2 Indiese Oseaan

Die Indiese Oseaan Dipool (IOD) is nou vir drie agtereenvolgende weke in a negatiewe fase wat beteken dat die oppervlakwater van die westelike Indiese Oseaan (nader aan die Afrikakuslyn) is oor die algemeen koeler as die oostelike Indiese Oseaan en die meeste voorspellings toon dat hierdie tendens gaan voortduur vir ten minste die volgende paar maande.

Hierdie is ‘n baie belangrike ontwikkeling gesien in die gekombineerde effek van die versterkende La Nina wat nou besig is om plaas te vind. ‘n Negatiewe IOD is gunstig vir die verbeterde reënvaltoestande oor die Suidelike Afrika-subkontinent sowel as Australië.

3. Reënval- en klimaatsvooruitsigte

3.1 Somerreënvalgebied

Die teenwoordigheid van ‘n La Nina-verskynsel teen die einde van die winter is baie positief vir gunstige reënvaltoestande in die opvolgende somer. La Nina is gewoonlik verantwoordelik vir ‘n normale tot later as normale aanvang van die reënvalseisoen. Met die negatiewe fase van die IOD (Indiese Oseaan Dipool) wat nou heers, is ‘n vroeër aanvang van die seisoen moontlik. Die huidige scenario is dat reënvaltoestande gaan begin verbeter oor veral die oostelike dele van die land teen die einde van September om ‘n piek te bereik teen November en Desember. La Nina is gewoonllik verantwoordelik vir bogemiddelde reënval vanaf ongeveer November oor die sentrale tot westelike dele van die land om ‘n piek te bereik later in die somer.

Daar is vanjaar ‘n bogemiddelde risiko vir vloede oor gedeeltes van die Somerreënvalgebied, veral oor die sentrale tot westelike dele.

Minimumtemperature gaan waarskynlik nog laag bly vir ten minste die volgende paar weke maar die waarskynlikheid dat verdere ryp gaan voorkom is baie laer vanaf die middel tot einde van September. Met ‘n positiewe reënvalverwagting vir die seisoen en geassosieerde meer wolke en die afkoelingseffek van reën, is die verwagting dat maksimumtemperature nie vir lang periodes ekstreem hoog gaan bly nie en dat die hitte-eenhede akkumulasie laer gaan wees wat negatief kan impakteer op somergraanproduksie.

3.2 Winterreënvalgebied

Die grootste deel van die Winterreënvalgebied het bogemiddelde reënval gekry sedert die begin van die winterreënvalseisoen. Kort- tot mediumtermyn vooruitsigte bly positief vir verdere reën tot einde van September met ten minste vier of vyf moontlike reënvalgebeurtenisse. Reënvalhoeveelhede gaan begin afneem en reënvalgebeurtenisse begin minder word.

Met die moontlike redelike sterk La Nina-verskynsel in 2020/21 is daar ook ‘n verhoogde kans vir reën in die somer, veral in die tweede deel van die somer.

3.3 Namibië

Kort- tot mediumtermynvooruitsigte is nie baie positief vir reën om voor die einde van Oktober voor te kom nie. Dit is egter baie waarskynlik dat reënvaltoestande baie gaan verbeter vanaf ongeveer November om ‘n piek te bereik in Januarie tot Maart 2021 as gevolg van die La Nina en die Indiese Oseaan se positiewe opstelling wat tans in proses is.

Temperature gaan begin herstel na die koue wat voorgekom het tot die einde van Augustus en die kanse vir verdere ryp en lae minimumtemperature gaan vinnig verminder. Daar is egter ‘n moontlikheid dat minimumtemperature weer kan daal tot 5°C in die tweede deel van September oor die suidelike dele maar ryp word nie verwag nie.

4. Opsomming en samevatting

• Die winter van 2020 was een van die koudste in ten minste die laaste twee dekades. Dit is moontlik ‘n aanduiding van ‘n verandering in die klimaat vir die komende paar seisoene.
• Beide ENSO en die Indiese Oseaan (IOD) kan verantwoordelik wees vir ‘n positiewe uitwerking op reënval in die Somerreenvalgebied. Daar is ‘n bogemiddelde risiko vir vloede in die tweede deel van die somer.
• Die status van oppervlakwater is in ‘n redelike goeie toestand, veral in die Weskaap maar damme in die Ooskaap, die Vaaldam sowel as damme in die noordelike dele van Limpopo (Tzaneen) is kritiek laag. 5. Vrywaring: Die outeur of Santam of enige ander partye in die dokument genoem of aangehaal, waarborg geensins die akkuraatheid, volledigheid of betroubaarheid van die inligting in die dokument nie. Enige aksies of besluite wat geneem word op grond van die inligting in hierdie dokument word op eie risiko geneem en sal die outeur, Santam of enige ander partye genoem in die dokument geensins verantwoordelik wees vir enige verliese of skades in verband met die gebruik van die inligting soos wat dit voorkom in hierdie dokument nie.



Jolene Janse van Rensburg.
Wine Route Manager

Swartland Wine & Olive Route
Tel: 022 487 1133
Telefax: 022 487 2063
Fax2email: 086 211 0121
www.swartlandwineandolives.co.za

Proudly sponsored by Santam Agriculture